Beurtkrag word verhoog tot Fase 2 weens die verlies van opwekkingseenhede
- 90.6 FM News
- Aug 29, 2023
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Eskom sê hy is gedwing om beurtkrag tot vieruur vanmiddag van fase een tot Fase 2 te verhoog, weens die verlies oornag van drie opwekkingseenhede. Fase 3 sal dan vanaf vieruur vanmiddag tot môreoggend vyfuur toegepas word, soos voorheen aangedui. Die kragvoorsiener sê meer inligting sal vanmiddag bekend gemaak word. Die minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa, was Sondag tydens sy weeklikse inligtingsessie vol vertroue dat beurtkrag die week ligter sou wees danksy ‘n afname in die vraag na elektrisiteit en die verwagte herstel van gebreekte eenhede.
FOTO: (Verskaf)

Comments