top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Binnelandse Sake se dienste tydelik onbeskikbaar.

VAALDRIEHOEK - Die DA sê die Departement van Binnelandse Sake se stelsel is landwyd van lyn af en volgens berigte is daar ʼn probleem by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap. Volgens die party gebeur dit gereeld dat die departement nie in staat is om dienste te lewer nie omdat sy stelsel van lyn af is. ʼn Woordvoerder van die DA, Angel Khanyile, sê hulle word oorval met oproepe van aansoekers wat oorsee wil reis, maar dit nie kan doen nie omdat hulle nog nie hulle paspoorte ontvang het nie.

Intussen sê die Departement van Binnelandse Sake sy dienste is tydelik nie beskikbaar nie weens ‘n tegniese kwessie wat die hoofraam van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap raak. Die ontwrigting het ‘n uitwerking op die Nasionale Bevolkingsregister. Die departement se woordvoerder, Siya Khoza, verseker die publiek verdere inligting oor die onderbreking sal verskaf word terwyl pogings aangewend word om die tegniese probleem op te los.


14 views0 comments

Comments


bottom of page