Binnelandse Sake se kantore sal op Saterdae oop wees voor die verkiesing
- 90.6 FM News

- Apr 5, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Binnelandse Sake se kantore sal van môre af, tot 25 Mei, elke Saterdag, van 08:00 in die oggend tot 13:00 die middag oop wees, in aanloop tot die verkiesing. Dit is vir die afhaal van identiteitsdokumente, die afhandeling van nuwe aansoeke en die uitreiking van tydelike identiteitsertifikate. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê kantore sal ook uitdagings hanteer wat insluit duplikate, wysigings, regstellings en lewe-of-dood-kwessies met die vereiste stawende dokumente.




Comments