Borgtog geweier vir ‘n Vanderbijlpark ma wat glo haar kleuter verkoop het
- 90.6 FM News
- Feb 25
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - ’n Vanderbijlpark ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar tweejarige seun verkoop het, is borgtog geweier. Die landdros het beslis dat Keneilwe Shalaba nie uitsonderlike omstandighede vir haar vrylating kon bewys nie. Die hof het kommer uitgespreek dat sy getuies kan intimideer en openbare vrede met haar vrylating kan versteur. eNCA berig Shalaba het glo R75, 000 in die sak gesteek toe haar tweejarige seun verdwyn het. Sy het beweer die kind is ontvoer, maar dit het later geblyk dat sy hom dalk verkoop het. In haar borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat sy glo ook probeer het om 'n losprys van R40,000 van die pa te eis. Shalaba staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Mensehandel. Die saak is tot 7 April vir verdere ondersoek uitgestel.
Comments