top of page
Search

BOSA en EFF besoek Sharpeville vandag vir Menseregtedag-byeenkomste

SHARPEVILLE - Die Build One South Africa-leier Mmusi Maimane en die adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, lei vandag byeenkomste in Gauteng, insluitend in die Vaaldriehoek, vir Menseregtedag. Hulle sal die Sharpeville-gedenktuin besoek om die 69 Suid-Afrikaners te vereer wat deur die Apartheidspolisie vermoor is. Ter viering van Wêreld-waterdag sal Hlazo-Webster môre watertoetsuitslae in Swaneville, in Mogale City, bekend maak en 'n watertenk aflewer. Maimane sal die waterkrisis in Hammanskraal aanspreek, BOSA se oplossings bekendstel en ook kyk na die skending van burgers se reg tot water. Hy veroordeel die feit dat meer as 80 mense daagliks in Suid-Afrika vermoor word, en sê ons benodig 'n polisiediens wat saam met die mense van Suid-Afrika werk, nie teen hulle soos daardie dag in Sharpeville nie.

Die EFF is ook vandag in Sharpeville vir hulle Menseregtedagvieringe. Dit volg na hulle gister ‘n motorstoet deur Evaton, Sebokeng, Sharpeville en Vanderbijlpark laat ry het met EFF vlae en baniere.

FOTOS: (EFF, Build One SA)








 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page