BOSA verwelkom nagaan van alle skoolpersoneel op register van seksoortreders
- 90.6 FM News
- Apr 2
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Build One South Africa verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se besluit oor verpligte agtergrond-ondersoeke op die nasionale seksoortreder-register vir mense wat by skole aansoek doen om werk. Die gewysigde Strafproseswet bepaal dat werkgewers moet vasstel of werknemers op die register verskyn voor hulle aangestel word om kinders te versorg of toegang te kry tot 'n gestremde persoon. Roger Solomons van BOSA sê dis 'n kritieke stap om toe te sien dat voornemende seksoortreders nie toegang tot kinders het nie.BOSA verwelkom nagaan van alle skoolpersoneel op register van seksoortreders.
Comments