Brandstofpryse daal vandag met tussen 5c en 37c per liter
- 90.6 FM News
- Jun 4
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Daar is vandag 'n effense daling in brandstofpryse, ten spyte van 'n verhoging in die brandstofheffing. Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne het aangekondig petrol sal met 5c per liter daal, diesel met 37c, paraffien met 56c en lampolie met 89c per kilogram. Die Direkteur van Brandstofpryse by die Departement van Energie, Robert Maake, sê hierdie veranderings weerspieël 'n sterker rand en wêreldwye verskuiwings in oliepryse. Hy het bevestig aangepaste vervoertariewe is ook in aangewese gebiede van toepassing.
Comments