VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste kan moontlike goeie nuus by die brandstofpompe vir Augustus verwag. Die Sentrale Energiefonds se nuutste data dui op ‘n moontlike daling in die brandstofprys vir Augustus. Verbruikers kan 5c per liter minder vir 93-oktaan-petrol betaal, terwyl 95-oktaan-petrol met 9c per liter kan daal. Diesel 500 ppm kan met 16c per liter en diesel 50 ppm met 3c per liter daal. Die amptelike pryse sal eers volgende week aangekondig word. Dit kan nog verander voor dan.
FOTO: (Verskaf)
Comments