Byna 280,000 vuurwapens is die afgelope ses jaar vernietig
- 90.6 FM News
- Feb 21
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope ses jaar bykans 280,000 vuurwapens permanent uit sirkulasie verwyder. Net meer as 16,000 van hulle is hierdie week in Vanderbijlpark vernietig. Die polisie sê dit sluit 12,500 handwapens, 1,900 gewere, 1,300 haelgewere en 47 kombinasievuurwapens in. Die adjunk- nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê die polisie bly onwrikbaar in sy verbintenis om onwettige vuurwapens en ammunisie op te spoor en permanent uit sirkulasie te verwyder.
Comments