top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Cert-SA reageer op ‘n huis- en ‘n voertuigbrand in die Vaal oor die naweek

VAALDRIEHOEK - Cert-SA het die naweek op twee brandtonele in die Vaal-omgewing gereageer. In die eerste voorval Vrydagmiddag omstreeks 14:00 het hul Vaal-span 'n oproep ontvang vir 'n huisbrand op Golf Course weg, Golf view, De Deur. Met hul aankoms op die toneel, was Midvaal Brandweer reeds besig om die brand te blus. Cert-SA sê weens Midvaal Brandweer se vinnige reaksietyd het hulle daarin geslaag om die huis te red en net die lapa het afgebrand. Gelukkig is geen beserings aangemeld nie, maar die oorsaak van die brand sal ondersoek word. In die tweede voorval het Cert-SA se Vaal-tak Vrydagmiddag omstreeks 16:45 gereageer op 'n voertuigbrand by Midvaal Raceway in Meyerton. Met hul aankoms op die toneel het hulle gevind dat die voertuig reeds uitgebrand het met Midvaal Brandweer reeds op die toneel. Slegs een pasiënt het tweedegraadse brandwonde aan sy arm opgedoen en is deur medici op die toneel behandel, maar het vervoer na die hospitaal geweier. Cert-SA het Midvaal Brandweer en ER24 bedank vir hul bystand.

FOTOS: (Cert-SA)





10 views0 comments

Comments


bottom of page