VANDERBIJLPARK - Cert-SA sê in 'n verklaring hul Vaal-bemanningslede het Sondagoggend omstreeks 05:30 gereageer op 'n oproep vir 'n motorvoertuig-botsing op die R42, Barageweg, Vanderbijlpark. Met hul aankoms het die bemanning ‘n voertuig gevind wat gerol het. Volgens Cert-SA was drie pasiënte steeds in die voertuig vasgekeer, en vier pasiënte is uit die voertuig geslinger.Vier van die pasiënte het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë fasiliteite deur ER24 en Gautengse Mediese Nooddienste vervoer is. Drie pasiënte het ongelukkig beswyk weens die omvang van hul beserings en is op die toneel dood verklaar.Besonderhede rondom die ongeluk is steeds onbekend. Cert-SA het ER24 en die Gautengse mediese nooddienste bedank vir hul bystand op die toneel.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVAALDRIEHOEK - AfriForum sê die land se slaagsyfer van 87,3% in die 2024 Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen is 'n uitstekende prestasie,...
00
VAAL TRIANGLE - South Africa’s national pass rate for the 2024 National Senior Certificate has increased from 82.9% in 2023 to 87.3%....
10
SASOLBURG - The Airports Company of South Africa (Acsa) says the National Petroleum Refineries of South Africa (Natref) are paying...
10
bottom of page
Comments