MEYERTON - CERT-SA sê hul Vaal-span het Vrydagmiddag 12:00 gereageer op 'n oproep vir 'n beseerde skoolkind by die Henley Voorbereidingskool in Henley on Klip in Meyerton. Die organisasie sê met hul span se aankoms het hulle 'n pasiënt gevind wat op die sokkerveld gelê het. Die jong pasiënt is geassesseer en daar is vasgestel dat sy nek beseer is. Die pasiënt is op die toneel gestabiliseer en deur ER24 na die hospitaal vervoer. Cert-SA het ER24-nooddienste bedank vir die bystand op die toneel.

Comments