VAALDRIEHOEK - Cosatu in Gauteng sê hy is bekommerd oor die moontlike sluiting van organisasies sonder winsbejag en die gevolglike werksverliese weens besnoeiings aan befondsing. Dit volg nadat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sonder behoorlike konsultasie die befondsing aan die meeste van die organisasies besnoei het. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, sê die departement het die proses van goedkeuring vir befondsing verander. Hy sê R15-miljoen is as gevolg daarvan heraangewend.
top of page
bottom of page
Comments