SASOLBURG - Die Demokratiese Alliansie in Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit in Sasolburg het die Vrystaatse hooggeregshof se bevestiging verwelkom dat die Mosie van Wantroue in DA-burgemeester, Jeff Zwane, onwettig was. Voorsitter van die DA Federale Raad, Helen Zille, het gister in 'n verklaring gesê hulle verwelkom verder die hof se persoonlike kostebevel wat toegestaan is teen Lucas Fisher, die Speaker van Metsimaholo wat versuim het om die regte van Zwane na te kom, om te vra vir getuies tydens die onwettige mosie. Zille het gesê die ANC/EFF het op 1 Augustus 'n onwettige MONC ter tafel gelê in burgemeester Zwane, wat die DA se minderheidsregering gelei het, nadat die DA miljoene rande se onwettige betalings aan 'n ontwikkelaar gekeer het. Sy sê die munisipaliteit skuld nie hierdie geld aan die ontwikkelaar nie, wat volgens die DA ’n bedekte poging van die ANC/EFF is om die munisipaliteit te plunder.
FOTO: (DA)
Kommentare