DA vra hersiening van brandstofprys-metodologie om die las op verbruikers te verlig
- 90.6 FM News
- Apr 4, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die nasionale woordvoerder van die DA vir Minerale Bronne en Energie, Kevin Mileham, vra 'n hersiening van die brandstofprys-metodologie om die las op verbruikers te verlig. Mileham blameer die ANC-regering se afhanklikheid van brandstofheffings vir verhoogde pryse, en eis die verwydering van administratiewe heffings. Hy beklemtoon die behoefte aan verligting met die algemene brandstofheffing, wat R3,95-sent byvoeg by kleinhandelspryse, wat brandstof onbekostigbaar maak vir verbruikers.
FOTO: (Verskaf)
Commenti