top of page
Search

Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld

VAALDRIEHOEK - Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag, wat beteken handelsbanke se prima-uitkeerkoers verlaag tot 11%. Die bank sê die ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp, hoofsaaklik weens 'n skerp daling in landbouproduksie. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, verwag egter 'n ommekeer in die vierde kwartaal, aangevuur deur verhoogde landbou-uitset, sterk huishoudelike besteding en onttrekkings van die tweepot-pensioenstelsel.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page