VAALDRIEHOEK - Die sekerheidskenner, Granger Groener, is uiters besorg oor die kommerwekkende koers van ontvoerings buite Suid-Afrikaanse skole. Volgens hom was daar in die onlangse verlede ʼn beduidende aantal ontvoeringsake, veral by aflaaipunte. Groener het op eNCA verduidelik daar is heelwat maatreëls wat ouers kan tref om die veiligheid van hulle kinders te verseker. Hy sê ouers moet seker maak dat hulle weet wie die bestuurder van hulle kinders se voertuig is en nie hulle kinders se reisinligting aan enige iemand bekend maak nie. Groener sê ouers moet die voertuig-bestuurder aan die klasonderwyser en die sekuriteit by die skool voorstel. Hy het ouers ook gemaan om nie hulle kinders se foto’s op sosiale media te plaas nie.
FOTO: (Verskaf)
Comments