top of page
Search

Data toon dat SA huishoudings sedert Januarie drie persent meer salaris verdien

VAALDRIEHOEK - Onlangse data toon dat huishoudings sedert Januarie drie persent meer salaris verdien. Die ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit, Waldo Krugell, sê gister se aankondiging dat die inflasiekoers gestyg het tot 3,2% is in lyn met almal se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar. Hy sê inflasie behoort hierdie jaar ook onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband te bly. Dit is goeie nuus vir die land se ekonomie en ook vir gewone Suid-Afrikaanse huishoudings. Hy sê onlangse data van BankServe Africa wys ook dat huishoudings sedert Januarie minstens drie persent meer salaris verdien. Dít saam met die inflasie is goed vir die land se ekonomie.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentarios


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page