VAALDRIEHOEK - Die Outomobiel Assosiasie voorspel ‘n aansienlike daling in brandstofpryse vroeg volgende maand. Hy verwag die petrolprys sal met meer as R1,90 sent per liter daal en diesel met sowat 78-sent, gegrond op die Sentrale Energiefonds se ongeouditeerde middel-maand-data. Die prys van lampolie kan met 74-sent daal. Die AA sê dit kan toegeskryf word aan bestendiger internasionale oliepryse, maar waarsku die amptelike aanpassing vir November kan steeds negatief beïnvloed word deur die opwaartse neiging in oliepryse weens die konflik in die Midde-Ooste.
FOTO: (Verskaf)
Comments