Die AA voorspel vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse in September
- 90.6 FM News
- Aug 16, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Automobiel-Assosiasie voorspel 'n vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse volgende maand, gegrond op on-geouditeerde, middel van die maand-data deur die Sentrale Energiefonds. Die verwagte verlagings sluit in sowat 68-sent per liter vir 95-oktaan petrol, 63-sent vir diesel en 78-sent vir paraffien. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavim-bela, sê die verlagings kan toegeskryf word aan laer internasionale pryse en 'n effens sterker rand.
Comments