top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die afskryf van Emfuleni se Eskom-skuld sal nie dienslewering verbeter nie.

EMFULENI - Die DA sê in 'n verklaring die aankondiging deur die minister van finansies, Enoch Godogwanadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Eskom-skuld van R5,9 miljard afgeskryf gaan word, sal nie veel van 'n verskil maak aan die huidige stand van die finansieel verknoeide munisipaliteit nie. Die DA se Solly Msimanga sê dienslewering in die ELM-munisipaliteit het in duie gestort. Inwoners is onderwerp aan beurtkrag, lae waterdruk en 'n gebrek aan gereelde vullisverwydering omdat Emfuleni versuim het om die skuld aan diensverskaffers te betaal. Volgens Msimanga is die proses aan die gang om die Eskom-skuld af te skryf; maar herinner oor Emfuleni se geskiedenis van swak inkomste-invordering, en waarsku dat die munisipaliteit se Eskom-rekening binnekort weer buite beheer sal raak en nie betyds betaal word nie. Msimanga sê dit sal net meer druk op Eskom plaas, wat reeds sukkel om ons kraginfrastruktuur behoorlik in stand te hou en genoeg elektrisiteit op te wek sonder dat beurtkrag deurlopend geïmplementeer moet word.



5 views0 comments

Comments


bottom of page