Die agterstand met die druk van bestuurslisensiekaarte kan plaaslik opgelos word
- 90.6 FM News

- Sep 17
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die burgerregteorganisasie AfriForum het gister in Pretoria ’n ten volle funksionerende lisensiekaartdrukker op die Departement van Vervoer se voorstoep gedemonstreer om te wys dat plaaslike oplossings beskikbaar is om die reuse-agterstand in lisensiekaarte uit te wis. Die proefkaarte is van PVC gemaak en toon al die nodige sekuriteitskenmerke wat vereis word. AfriForum se Louis Boshoff sê die regering sloer met die verkryging van nuwe drukkers, ondanks die beskikbaarheid van plaaslike tegnologie, en dat politieke redes goeie dienslewering kniehalter.



Comments