top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die Automobiel-Assosiasie waarsku teen 'n brandstofprysstyging in November

VAALDRIEHOEK - Die Automobiel-Assosiasie waarsku die reeks brandstofprysverlagings die afgelope vyf maande gaan moontlik in November tot 'n einde kom. Op grond van data van die Sentrale Energiefonds voorspel die AA geringe stygings van 14c per liter vir loodvrye petrol van 95-oktaan, 3c per liter vir 93-oktaan en tot 14c per liter vir diesel. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê die styging word genoodsaak deur hoёr internasionale produkpryse en 'n verswakkende rand.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments

Comments


bottom of page