top of page
Search

Die Departement van Basiese Onderwys is van voorneme om steeds matriekuitslae in media te publiseer

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys is steeds van voorneme om hierdie jaar se matriekuitslae in die media te laat publiseer. Dit volg nadat die Inligtingsreguleerder die departement met vyf miljoen rand beboet het omdat dit nie ʼn duidelik aanduiding gegee het dat dit nie sal gebeur nie. Die reguleerder sê die publikasie van die uitslae is in stryd met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Die departement sê hy het reeds na die hooggeregshof teen ʼn vroeëre besluit van die reguleerder geappelleer en die appèlaansoek binne die vasgestelde tydperk ingedien. Die departement sê om die uitslae met leerders se eksamennommers te publiseer is nie in stryd met die wet nie.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page