top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die Departement van Water en Sanitasie sê die sluiting van die Lesotho Hoogland-watertonnel is noodsaaklik vir voldoende water in die toekoms

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie het weer die versekering gegee dat die tydelike sluiting van die Lesotho Hoogland-tonnel nie ‘n beduidende invloed op die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel se waterverbruikers sal hê nie. Die tonnel word van Oktober tot Maart aanstaande jaar gesluit vir beplande onderhoudswerk. Die tonnel vervoer jaarliks 780 miljoen kubieke liter water na die Vaalrivierstelsel. Die direkteur-generaal van die Departement, Sean Phillips sê die onderhoud aan die tonnel van 82 kilometer is noodsaaklik en sal die infrastuktuur vir ‘n verdere 30 jaar beskerm. Hy sê dit is onwaarskynlik dat die Vaaldam geraak sal word aangesien ander damme in stelsel, soos die Sterkfonteindam, relatief vol is. Phillips sê die sluiting van die tonnel sal derhalwe nie die voorsiening aan Rand Water en sy kliënte soos munisipaliteite raak nie.


2 views0 comments

Comentarios


bottom of page