top of page
Search

Die Emfuleni Munisipaliteit stel sy nuwe elektrisiteitstariewe bekend

VANDERBIJLPARK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het die goedgekeurde elektrisiteitstariewe vir die 2025/26 finansiële jaar gepubliseer. Dit is van krag vanaf 1 Julie 2025 tot 30 Junie 2026, soos goedgekeur deur NERSA. Inwoners, besighede en landbou-eenhede sal nuwe tariewe betaal volgens hul verbruik, metertipe en spanningsvlak. Tariewe sluit onder andere in: Lae- en Hoë Inkomstehuishoudings, Voorafbetaalde en Konvensionele kommersiële tariewe, asook Tyd-van-Gebruik opsies soos Miniflex, Megaflex en Nightsave. Behoeftige huishoudings sal steeds voordeel trek uit Gratis Basiese Elektrisiteit. Vir ander beteken die Inklimbloktarrief dat: hoe meer jy verbruik, hoe meer betaal jy per eenheid. met ander woorde, sodra jy ’n sekere blok oorskry, beweeg jy na ’n duurder tarief. Dit moedig energiebesparing aan. Alle tariewe sluit BTW uit. Die volledige tariefstruktuur is beskikbaar by munisipale kantore en aanlyn op Emfuleni se webtuiste.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page