VANDERBIJPARK - Die feestyd het op 'n baie somber noot begin na ’n noodlottige ongeluk die lewe van ’n man geëis het op die R59 naby Barrageweg in Vanderbijlpark, in die vroee oggendure die afgelope Vrydag, 01 Desember. Vaal Journal berig die ongeluk het ongeveer om 00:30 Vrydag oggend plaasgevind by 'n baie donker area waar die pad effens buig. Volgens Vaal Journal het die eerste mense wat by die toneel opgedaag het gesê hulle het amper in die voertuig vas gery wat langs die pad op sy dak gelê het. Dele van die wrakstukke was oor albei bane gestrooi. Verskeie ander motoriste het ook stilgehou om te probeer hand bysit, maar dit was duidelik dat die bestuurder van die omgeslaande voertuig beskyk het. Die plaaslike owerhede kon nie op die noodnommer bereik word nie, maar uiteindelik is die admin van die Vaal/Gauteng Verkeer WhatsApp-groep gekontak wat toe beheer oor die situasie geneem het. Die identiteit van die man is nog nie bekend nie. Hy was alleen in die motor.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
Comentarios