top of page
Search

Die hof verklaar Gauteng Gesondheidsdepartement se versuim oor kankerbehandeling ongrondwetlik

VAALDRIEHOEK - SECTION27 en Cancer Alliance het die Hooggeregshof in Johannesburg se beslissing oor die verskaffing van lewensreddende bestralingsbehandeling vir drieduisend kankerpasiënte verwelkom. Die hof het die Gautengse Gesondheidsdepartement se versuim om bestralingsbehandeling aan die pasiënte op die waglys beskikbaar te stel, as onregmatig en ongrondwetlik verklaar. Dit volg ten spyte van die toekenning van R784-miljoen om die agterstand uit te wis. Die departement is beveel om binne drie maande ʼn vorderingsverslag in te dien oor ʼn langtermynplan om bestraling aan kankerpasiënte te gee.

 
 
 

Recent Posts

See All

Kommentare


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page