Die Inligtingsreguleerder ondersoek Truecaller
- 90.6 FM News

- Aug 18
- 1 min read
VAALDRIERHOEK - Die gewilde oproep-identifikasie-toepassing, Truecaller, word tans deur die Inligtingsreguleerder ondersoek ná klagtes van individue en maatskappye. Daar is kommer dat die toepassing die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting oortree deur gebruikers se adresboeke te deel en ’n omstrede stelsel te gebruik om nommers as strooipos te merk. Kritici meen dit kan misbruik word en selfs besighede se regte benadeel, terwyl Truecaller maatskappye meer as tienduisend rand per maand vra om hul nommers op die witlys te plaas. Die uitkoms van die ondersoek sal bepaal of Truecaller aan Suid-Afrika se databeskermingswette voldoen.



Comments