Die jongste slagoffers van misdaad-opname skets ’n donker prentjie vir die land
- 90.6 FM News

- Aug 27
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika se jongste slagoffers van misdaad-opname skets ’n donker prentjie van toenemende geweldsmisdaad. Verslagdoenings van seksuele oortredings het gestyg van 25,000 in 2020/21 tot 73,000-duisend in 2024/25. Die studie toon ook dat bykans ’n miljoen huishoudings die afgelope jaar slagoffers van huisbrake was, terwyl slegs 36% van Suid-Afrikaners veilig voel om snags alleen te stap. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling sê die bevindings bewys dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemeenskappe faal. Sy waarsku dat sonder dringende hervorming en beter misdaadintelligensie, geweld buite beheer sal bly.



Comments