VAALDRIEHOEK - Die kans op 'n groot verlaging in die brandstofpryse volgende maand het selfs verder verbeter nadat die prys van Brent-ruolie tot die laagste vlak in drie maande gedaal het. Die Sentrale Energiefonds skat die petrol- en dieselprys kan met 87-sent per liter daal. Brent het gister teen sowat 82-dollar per vat verhandel nadat dit 'n maand gelede net onder 90-dollar was. Die rand het ook versterk. Die nuwe pryse tree op die vyfde van volgende maand in werking.
top of page
bottom of page
コメント