Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gaan vandeesweek ‘n reeks opvolgbesoeke by Eskom-kragstasies aflê, insluitend the Lethabo-aanleg in die Vaaldriehoek. Hy begin vandag by die Arnot- en Hendrina-kragstasies in Mpumalanga.
Woensdag kom die Kriel- en Matla-kragstasies aan die beurt, gevolg deur Camden Donderdag wat almal ook in Mpumalanga is. Ramokgopa sal na verwagting volgende Maandag die Lethabo-aanleg in die Vaaldriehoek besoek, en dan Dinsdag die Ankerlig- en Koeberg-aanlegte in die Wes-Kaap. Sy kantoor sê die besoeke is nodig om die betroubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening te verbeter en ‘n einde aan beurtkrag te bring.

Comments