top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering wetsontwerp

BREKENDE NUUS: Die Nasionale Raad van Provinsies het ten gunste van die aanvaarding van die Nasionale Gesondheidsversekering gestem, met agt van die nege provinsies wat gestem het vir die goedkeuring van die wetsontwerp. Die Wes-Kaap het daarteen gestem. Die NGV-wetsontwerp is daarop gemik om die grondslag vir universele gesondheidsorg in Suid-Afrika te lê deur die vestiging van die NGV-fonds, wat die land se enigste aankoper van gesondheidsorgdienste sal word. Dit beteken mediese fondse sal nie meer so groot rol kan speel in die sektor nie. Die wetsontwerp sal nou aan president Cyril Ramaphosa gestuur word om as wet onderteken te word. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê dit is ‘n geskiedkundige prestasie.


Dit terwyl die Vryheidsfront Plus sê dis duidelik dat die ANC die Nasionale Gesondheidsversekering as ʼn populistiese verkiesingsinstrument gebruik. Hy sê dit gaan nie net miljarde rand vermors nie, maar baie mense se lewens kos. Fanie du Toit van die VF Plus sê die huidige stand van sake in die land, van sy paaie vol gate tot die ineenstorting van Eskom, wys hoe ernstig en omvattend die NVG-nagmerrie sal wees.


Solidariteit sê nou hy gaan voort met regsoptrede indien president Cyril Ramaphosa die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp as wet onderteken. Theuns du Buisson van Solidariteit sê die NGV is nie net onbekostigbaar en onwerkbaar nie, maar ook onnodig omdat Suid-Afrikaners reeds toegang tot gratis gesondheidsorg het.

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments

Comments


bottom of page