Die Polisie is bekommerd oor die skerp toename in ontvoerings in Suid-Afrika
- 90.6 FM News
- Aug 2, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die skerp styging in ontvoerings is 'n groot probleem, maar hy glo die teen-ontvoeringseenhede op nasionale en provinsiale vlak, maak vordering. Die polisie het verlede jaar 15,342 ontvoerings aangeteken wat 'n geweldige toename is teenoor die 4,306 in 2013/2014. In die jongste voorval is die sakeman, Ashraf Kaka, Woensdag uit ʼn huis in Lenasia, Johannesburg, gered. Agt verdagtes is in verband met die ontvoering vasgetrek. Masemola sê die toename in ontvoerings hou verband met ander misdade soos verkragting en voertuigkaping.
FOTO: (Stock Image)
Comments