top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die polisie sal gedurende die feestyd in groot getalle ontplooi word

VAALDRIEHOEK - Die minister van polisie, Bheki Cele, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens en alle wetstoepassingsagentskappe sal voltallig wees om gedurende die feestyd wet en orde te handhaaf. Die minister het Vrydag die misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal bekend gemaak, wat toon meer as 226,000 mense is in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela, wat georganiseerde misdaad teiken. Cele het ook ‘n sterk waarskuwing gerig aan misdadigers en diegene wat beplan om die wet te oortree, en die polisie opdrag gegee om teen elke vorm van misdaad op te tree.


Die DA se nasionale woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, het intussen gevra vir die verwydering van die minister van Polisie, Bheki Cele, weens mislukte leierskap en ondoeltreffende misdaadbestuur. Dit volg op kommerwekkende misdaadstatistiek wat Cele bekend gemaak waarin onrusbarende syfers onthul is. Die jongste misdaadverslag het aan die lig gebring meer as 6,000 moorde en 13,090 seksuele misdrywe is aangeteken vir die drie maande van Julie tot September, sowel as andere misdade. Whitfield beklemtoon die onaanvaarbare hoë DNS-agterstand van meer as 50,000 sake, wat die strafregstelsel in gedrang bring. FOTO: (SAPS)


2 views0 comments

Comments


bottom of page