HEILBRON - Die polisie in die Vrystaat het bevestig dat agt lyke uit ‘n stroom in Heilbron, suid van die Vaaldriehoek, gevind is. ‘n Bakkie met verskeie passasiers was Saterdagmiddag vanaf Heilbron op pad en het nie sy bestemming op ‘n plaas in die Heilbron-distrik bereik nie. Hulle het op die Welgeluk-grondpad gery toe die bestuurder van die bakkie probeer het om ‘n laagwaterbrug, genaamd Kliprivier, oor te steek. Die voertuig is deur sterk strome meegesleur. Die bestuurder, ‘n 71-jarige man en sy 62-jarige vrou en hul drie kleinkinders het saam met hul kollegas, ‘n man en vrou met hul tweejarige dogtertjie gery. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen en ondersoek die omstandighede rondom die voorval.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVAAL TRIANGLE - Today, 17 March 2025, is the last day for South Africa’s Matric Class of 2024 to apply for a rewrite of their National...
VEREENIGING - Arcelomittal Suid-Afrika (Amsa) het ‘n reddingspakket van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie gevra. Die korporasie het...
SASOLBURG - ActionSA says it notes with outrage the alleged misuse of public funds in the Fezile Dabi District Municipality in Sasolburg,...
bottom of page
Comments