VAALDRIEHOEK - Die Posbank het ontken dat SASSA goue kaarte aan die einde van vandeesmaand verval. Gerugte doen die rondte dat dié SASSA kaarte aan die einde van Desember verval en dat mense wat toelaes ontvang nie hul geld gaan kry nie. Die woordvoerder van die Posbank, Bongani Diako, het begunstigdes gemaan om nie mislei te word deur berigte dat hulle hul kaarte sal moet vervang met ander produkte nie. Hy sê slegs die Posbank kan begunstigdes se goue kaarte opskort en daar is nie sulke planne nie. Hy sê mense gaan hul toelaes vir Desember – asook volgende jaar – met hul goue kaarte ontvang.
top of page
bottom of page
Comments