top of page
Search

Die publiek word gewaarsku oor vervalse Ozempic-produkte.

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte waarsku die publiek teen vervalste Ozempic-produkte op die mark, wat ernstige gesondheidsrisiko’s inhou. Advertensies vir ongemagtigde Ozempic, of produkte wat sema-glutied bevat, word op radiostasies en sosiale media geadverteer. Novo Nordisk Suid-Afrika bevestig daar is ‘n landwye tekort aan Ozempic, wat die geleentheid skep om vervalste produkte te smous wat glo help met gewigsverlies. Die reguleringsowerheid raai konsulterende gesondheidswerkers en die publiek aan om slegs by geregistreerde apteke te koop om gesondheidsrisiko’s te vermy.



5 views0 comments

Commentaires


bottom of page