VAAL TRIANGLE - Die organisasie Snake and Venom Education het ‘n belangrike waarskuwing uitgereik aangesien slange binnenshuis skuiling soek teen die intense hitte. Mosambiekse spoegkobras, groen mambas, swart mambas, Kaapse kobras, pofadders en ander spesies is aan die beweeg. Die organisasie beklemtoon slange soek dalk veilige skuilplekke om eiers te lê. Die brandpunte sluit in, Durban en Kaapstad. ‘n Omgewingsbewaarder, Carla Goede, het in gesprek met eNCA gesê die publiek word ten sterkste aangeraai om kontak met hierdie reptiele te probeer vermy.
![](https://static.wixstatic.com/media/39bd45_530e2de28ca04e70b3e2c377f1a26d67~mv2.png/v1/fill/w_602,h_334,al_c,q_85,enc_auto/39bd45_530e2de28ca04e70b3e2c377f1a26d67~mv2.png)
Comments