VANDERBIJLPARK - Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit sê sy voortdurende druk op Gautrans het daartoe gelei dat die brug oor die Rietspruit eindelik herbou is. Die Rietspruitbrug is die afgelope Maandag, 22 Julie weer amptelik in gebruik geneem. Dit volg nadat die Rietspruitbrug tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom is op 18 Februarie 2023 ernstig beskadig ná swaar reën en motoriste van ʼn alternatiewe roete gebruik moes maak om hul bestemmings te bereik. Die plaaslike gemeenskap het kort ná die voorval besluit om die aangrensende laagwaterbrug wat in 1929 gebou is, weer toeganklik te maak. Net ligte voertuie kon egter die brug gebruik. Gautrans het in Maart vanjaar begin met die herbou van die brug en dit is tot groot verligting van die gemeenskap Maandag heropen. Die VF Plus Raadslid Sybrand Smit sê hierdie is weereens ʼn bewys dat die VF Plus alles in sy vermoë sal doen om owerhede te dwing om beskadigde infrastruktuur te herstel tot voordeel van die gemeenskap.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVAAL TRIANGLE - South Africa’s national pass rate for the 2024 National Senior Certificate has increased from 82.9% in 2023 to 87.3%....
10
SASOLBURG - The Airports Company of South Africa (Acsa) says the National Petroleum Refineries of South Africa (Natref) are paying...
10
VANDERBIJLPARK - Die DA het die Emfuleni Munisipaliteit gekritiseer omdat hy sedert 2019 meer as R561-miljoen aan oortyd bestee het. Die...
00
bottom of page
Comments