top of page
Search

Die tragiese heengaan van Sasolburg CPF voorsitter tydens 'n dapper reddingspoging word betreur.

SASOLBURG - Die Voorsitter van die Sasolburg Gemeenskapspolisiëringsforum (CPF), Johann Griessel, is een van twee mense wat eergister, 3 Oktober 2023, in Hibberdine in KwaZulu-Natal verdrink het. VCN News berig Griessel en sy dogter, Jenney, se verloofde, Colin Schreuder, het gesterf in ‘n dapper poging om Jenney van 'n ver-raderlike skeurstroom te red. Volgens die berig het Jenney en Johann saam geswem toe 'n onverwagte skeurstroom hulle onverhoeds ingesleep het. Schreuder het Jenney se hulpkrete gehoor en sonder huiwering in die water geduik om hulle te probeer red. Jenney het daarin geslaag om kalm te bly en op haar rug te dryf, wat veroorsaak het dat die seestroom haar na nabygeleë rotse spoel. Volgens die nuusagentskap was dit nie die geval vir Griessel en Schreuder nie en was hulle oorweldig deur die skeurstroom. Jenney is uit die see gered en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Plaaslike owerhede het onmiddellik 'n soektog geloods, wat gelei het tot die herwinning van beide mans se lyke. VCN News berig die Sasolburg CPF en die Griessel gesin het hul dank uitgespreek vir die oorvloed van ondersteuning en meegevoel. Hulle vra om privaatheid gedurende hierdie moeilike tyd.



13 views0 comments

Comments


bottom of page