top of page
Search

Die VF Plus sê Emfuleni se kwartaal verslag beklemtoon verval

VANDERBIJLLPARK - Die Vryheids Front Plus sê die vierde kwartaalverslag vir die 2024/25-finansiële jaar beklemtoon weereens die verval van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. Gerda Senekal van die VF Plus sê die munisipaliteit gryp na strooihalms in die verslag en ʼn sogenaamde omkeerplan, maar die realiteit is dat so 'n plan nie haalbaar is nie. Die sogenaamde prestasieverbeterings in die verslag is oppervlakkig en spreek nie die diepgewortelde strukturele probleme van die munisipaliteit aan nie.

Volgens Senekal, in stede daarvan om te probeer om die munisipaliteit se finansies te stabiliseer, wil Emfuleni staatmaak op onrealistiese inkomsteprojeksies om die ineenstorting weg te steek. Vir inwoners beteken dit dreigende diensonderbrekings, verdere verval van infrastruktuur en voortgesette ekonomiese stagnering in die Vaaldriehoek. Die VF Plus het al herhaaldelik gewaarsku dat Emfuleni onder ANC-beheer onredbaar is. Die vierde kwartaalverslag bevestig hierdie werklikheid. Senekal benadruk dat sonder dringende ingryping van ʼn nuwe regering, sonder die ANC, gaan inwoners aanhou ly onder korrupsie, onbekwaamheid en wanbestuur.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page