top of page
Search

Die VF Plus sê politieke teater gaan Emfuleni nie uit sy verknorsing red

VANDERBIJLPARK - Die VF Plus sê hy beskou die aankondiging van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir finansies, Hassan Mako, dat die munisipaliteit aansoek gaan doen om nóg R2-miljard van sy Eskom-skuld af te skryf, as ’n poging om inwoners ’n rat voor die oë te draai met die oog op die 2026-plaaslike verkiesing. Volgens Mako skuld Emfuleni tans slegs sowat R5-miljard nadat die nasionale tesourie in 2023 ’n eerste aansoek om R2 miljard af te skryf, goedgekeur het. Eskom se jongste state wys egter dat die afskrywing nog nie deurgevoer is nie en dat die skuld reeds meer as R9-miljard beloop, insluitend rente. Die VF Plus sê Mako se somme maak dus nie sin nie, veral omdat Eskom steeds rente hef op die uitstaande bedrag. Die VF Plus beskou hierdie aankondiging, asook die R660-miljoen wat aan Rand Water betaal is om sy beslaglegging op Emfuleni se lopende rekening op te hef, as politieke teater. Tans verkry die munisipaliteit slegs ʼn inkomste uit vullisverwydering en erfbelasting en sonder alternatiewe inkomstebronne sal Emfuleni nooit finansieel die mas opkom nie.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page