top of page
Search

Die weerdiens reik ‘n geel vlak 2 waarskuwing uit vir erge donderstorms vandag

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak twee waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms in sommige dele van die land vandag. Swaar reën en hael word in die suidelike dele van Gauteng, die oostelike helfte van die Vrystaat, die westelike en sentrale KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwag. ‘n Geel vlak een waarskuwing is ook vir skadelike wind uitgereik vir die sentrale en suidoostelike dele van die Noord-Kaap. Die Weerdiens sê hierdie toestande kan lei tot uitdagende toestande op paaie en rommel wat rondwaai.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page