top of page
Search

Dit is 40 dae tot die langverwagte algemene verkiesing

VAALDRIEHOEK - Vandag oor 40 dae, op die 29 Mei, vind Suid-Afrika se sewende demokratiese algemene verkiesing plaas. 31 politieke partye sal vir die eerste keer aan die nasionale verkiesing deelneem. Volgens 'n onlangse opname deur die African Innovation Research South Africa in Johannesburg, Kaapstad en Durban sal die EFF en die MK Party ʼn bedreiging in die verkiesing wees. Die opname toon 20% deelnemers sê hulle gaan vir die EFF stem, 18,4% die ANC, 17% vir die MK Party en 13,3% vir die DA.


2 views0 comments

Comments


bottom of page