top of page
Search

Duisende pasiente wag vir operasies in Gautengse staatshospitale

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Gautengse LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het onder druk bekend gemaak dat byna 38,164 pasiënte wag vir operasies in Gautengse staatshospitale, dit nadat sy onlangs gesê het dat alle agterstande uit die weg geruim is. Hierdie reaksie volg op die DA se Gautengse skadu LUR vir gesondheid, Jack Bloom, se bewering dat 38,000 pasiënte op chirurgie in Gautengse hospitale wag. Bloom het die lang waglyste toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend vakante vakatures, 'n gebrek aan intensiewe sorg eenheid-beddens vir na-operatiewe sorg, beperkte beskikbaarheid van operasieteaters, infrastruktuurkwessies en ontwrigtings wat deur water- en elektrisiteitsonderbrekings veroorsaak word. Luidens ’n amptelike skriftelike antwoord op Bloom se vrae in die Gautengse wetgewer is daar ’n waglys van 1,402 pasiënte by die Sebokeng-hospitaal in die Vaaldriehoek. Bloom sê dit is skandalig dat die Gautengse regering nie ’n ordentlike gesondheidsdiens kan bedryf nie, ten spyte van ’n enorme begroting van R64,8-miljard, waarvan baie vermors word weens korrupsie en wanbestuur. Hy het bygevoeg dit wys ook die ramp wat afstuur met die miljarde rande wat nodig is om die NGV te implementeer wat pas deur president Cyrikl Ramaphosa onderteken is.


7 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page