top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Een man sterf na ‘n brand naby ‘n kerk in Duncanville# Cert-SA sê hulle is gister laatoggend uitger

VEREENIGING - Cert-SA sê hulle is gister laatoggend uitgeroep na die Griekse Ortodokse Kerk in Duncanville, Vereeniging. Die organisasie sê hulle het met aankoms op die toneel om 11:40 ‘n reaksielose pasiënt in 'n gedeeltelik afgebrande woonstel gevind. Dit het gelyk of 'n brand uitgebreek het, en die rook het die pasiënt oorweldig. Die pasiënt is geassesseer, en daar is vasgestel dat hy reeds gesterf het en hy is op die toneel dood verklaar. Volgens Cert-SA het die pasiënt gesterf moontlik weens rookinaseming of koolstofmonoksiedvergiftiging. Die organisasie sê die omstandighede rondom die brand is onduidelik. Die toneel is aan Vereeniging SAPD oorhandig vir ondersoek.

FOTOS: (Cert-SA)





5 views0 comments

コメント


bottom of page