EFF sê dis ongrondwetlik om brandstofheffing sonder Geldwetsontwerp te verhoog
- 90.6 FM News
- 2 days ago
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die EFF het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en sê hy verwerp die voorgestelde inflasiegedrewe 4%-verhoging van die brandstofheffing. Die minister het verlede week in sy begrotingsrede aangekondig die prys van petrol verhoog van 4 Junie af met 16-sent per liter en die van diesel met 15-sent. Die EFF sê Nasionale Tesourie moes ander inkomstebronne gesoek het of ʼn fiskale stimuluspakket bekendgestel het. Hy sê die besluit om die brandstofheffing sonder ʼn Geldwetsontwerp ter tafel te lê, is ongrondwetlik.
Comments