VAALDRIEHOEK - Die EFF in Gauteng veroordeel gister se ontwrigting van die werk van die raad van die Emfuleni-munisipaliteit deur die ANC, voordat daar gestem kon word oor die wantrouemosie in die burgemeester Sipho Radebe. Die party sê die ANC het wanorde en boewery gebruik om die raadsvergadering te ontwrig en munisipale eiendom beskadig. Die EFF sê die ANC het opsetlik aanspreeklikheid en beheerstelsels ontwrig in Emfuleni sodat hulle korrupte en onwettige bedrywighede nie nagespoor kan word nie.
FOTO: (Emfuleni burgemeester)

Comments