top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Eiers en pluimveeprodukte is steeds veilig om te eet.

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê eiers en pluimveeprodukte is steeds veilig om te eet ondanks die voortslepende voëlgriep-uitbreking. Mites oor die H-5-N-1- en H-7-N-6-stamme wat verskeie provinsies raak, het daartoe gelei dat plase onder kwarantyn geplaas is. Die vereniging verseker die publiek streng veiligheidsmaatreëls is tydens die uitbreking ingestel wat verseker eiers en hoenderprodukte in plaaslike kruideniersware-winkels is veilig om te eet. Dié verduideliking is bedoel om bekommernisse uit die weg te ruim en die vertroue in pluimveeprodukte se veiligheid tydens die moeilike tye, te verseker.



4 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page